Bied aan:

 

 

12 dag toer na TURKYE  & GRIEKELAND

Paulus se reis (Openbaring gemeentes) asook die eiland Patmos: 6 Oktober tot 17 Oktober 2014

 

Saam met

 

Ds Pieter van Rensburg 083 407882    & Andri Botha 083 7029315   

                                                                       

 

 

                                                                                                                

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Turkye pakket vir 28 persone – Vlugte deur Etihad Lugredery          

 

TOERPROGRAM

 

DAG 1      Maandag  JOHANNESBURG  - ABU DHABI

 

Ons ontmoet mekaar 3 ure voor vertrek op O R Tambo lughawe, groet en vertrek op ons oornagvlug na Abu Dhabi.

 

DAG 2    Dinsdag Arriveer in  ISTANBUL

 

Op Abu Dhabi word ons vroegoggend oorgeplaas vir ons aansluitingsvlug na Istanbul. Ons arriveer later vanoggend op  Istanbul Ataturk Lughawe vanaf  AUH (Abu Dhabi)  op vlug EY 97.

Daar ontmoet ons ons plaaslike gids John en ons oorsese reisverteenwoordiger waar ons toer begin.

 

Ons besoek begin in Istanbul  waar ons deur die bekende hawestad reis. Dit is ook in die antieke wereld bekend as Konstantinopel. Ons besoek die 19e eeuse groot en bekende  Dolmabahce Paleis met sy indrykwekkende tuine teen die Bosforus rivier. Die Dolmabahce Palys  is gebou tydens die regering van Sultan Abdulmecit in 1853 deur die  Armeniaanse argitek. Ons stap deur die pragtige tuine na die Paleis. Verskeie gemeubileurde sale van die paleis word besoek onder andere die Muayede Saal (serimoniele saal). Dit is defnitief een van die paleise wat die moeite werd is om te besoek.

‘n Privaat bootvaart op die Bosforus laat ons deel he aan die ryk kultuur erfenis van Istanbul waar die paleise, hout Ottoman villas met rooi dakke en die klein visserman bootjies gesien kan word. Ons vaar onderdeur 2 groot brue wat die twee kontinente naamlik Klein Asie en Europa verbind.

 

 

Ons word oorgeplaas na ons hotel vir aandete en oornag in Istanbul

 

 

DAG 3   Woensdag: ISTANBUL – ANKARA - KAPPADOSIE    

Ontbyt by die hotel

 

‘n Vroee vertrek na Ankara.

 

n Kort toer van die hoofstad van Turkye naamlik Ankara waar die Atakule toring, die President se palys by Cankaya te siene is. Ankara is ‘n pragtige moderne stad met parke en stadspleine

 

Ons reis verder na Kappadosie en word oorgeplaas na ons hotel vir aandete en oornag.

 

 

DAG 4   Donderdag: KAPPADOSIE

Ontbyt in ons hotel.

 

Kappadosie is ‘n asemrowende stad met sy kalksteen rotsformasies en honderde grotte. Ons toer sluit in ‘n besoeke aan die Uchisar rotsformasies met die panoramiese uitsig oor die Göreme Vallei. Ons sien die “ frescoes” – geverfde mure van die bekende kerke wat uit klip gekap is, by name die Appel, Barbara, Sandaal and Slang kerke en  die Pasabagi Monnnik Vallei. Die  ondergrondse stad laat ons dink aan die teks in Hebreers 11:38 waarheen christene gevlug het vir hulle geloof en selfs in stukke gesaag is. Die wereld was hulle nie werd nie. Hulle het in gate en grotte in die grond gelewe. Die talle Ürgüp skoorstene “Chimney’s is aangrypend. Dit is defnitief die moeite werd om vroegoggend die area van bo af uit ‘n opsionele warmlugballon te aanskou. Daar is gewoonlik meer as 100 kleurvolle warmlugballonne in die lug.

 

Ons besoek vanmiddag die Avanos valley,  die pottebakkers sentrum wat gelee is langs die Kizilirmak (Rooi Rivier), Turkye se langste rivier.

Aandete en  oornag in ons hotel in Kappadosie.

 

DAG 5   Vrydag: KAPPADOSIE – KONYA - PAMUKKALE      

Ontbyt by ons hotel.

 

Ons vertrek na Konya (Ikonium). Dit is een van die plekke waar Paulus gepreek het op sy eerste sendingreis (Hand14:1) en ‘n geruime tyd gebly het en waar ‘n groot aantal Jode gelowig geword het.  Ons ry ook verby die antieke Kolosse. Ons besoek die  Sultanhani caravanserai  -‘n karavaan oornagplek van die antieke tyd en kry ‘n goeie idee hoedat die apostels in konfooi gereis en oornag het. Ons reis verder na Pamukkale, ‘n pratige dorp met die wit kalksteen waterkomme – naby Laodisea.

 

Aandete en oornag in ons hotel in Pamukkale.

 

DAG 6      Saterdag: PAMUKKALE - BODRUM

Ontbyt by ons hotel.

 

In Pamukkale (katoen kasteel), besoek ons die wit warmwater kalksteenkomme. Die  antieke stad Hieropolis  is ook daar te sien.  

 

Naby Pamukkale, besoek ons die oorblyfsels van die antieke stad Laodisea, die louwarm stad van Openbaring en waar dit juis meer betekenis kry in die lig van die kalkagtige warmwater bronne in die omgewing.

 

‘n Rustige rut al langs Egeiese kus bring ons by die idilliese kusdorp, gebou op eg Griekse styl, naamlik Bodrum,  waar die Mausoleum, een van die Sewe Wonders van die  Antieke Wereld gebou is. Ons besoek allereers die Bodrum Kasteel, gebou deur die Kruisvaders. Bodrum is ‘n gewilde somer vakansiebestemming vir talle skilders, akademisi en toeriste. Die kranse, witgepleisterde geboutjies en die see daaronder spreek vanself.

 

Aandete en oornag in Bodrum.

 

DAG 7    Sondag: BODRUM – EFESE - KUSADASI 

Ontbyt by ons hotel.

 

Ons reis vanoggend vanaf Bodrum, verby die sprokiesagtige Bafa mere na die antieke stad Efese. Dit is juis hier waar mense hulle toorboeke verbrand het tydens Paulus se bediening aldaar (Hand 19:19). Ons stap deur die antieke stad en sien die Odeon, die die Hadriaanse Tempel, die Trajaanse Fontein, the Agora (markplein), die Badhuise, ‘n afbeelding van die godin Artemis – “Groot is Artemis van die Efesiers” - so is sy besing is tydens die apostel Paulus se besoek (Hand 20:28). Sy was die godin van vrugbaarheid en word uitgebeeld met trosse vrugte op haar bors. Ons stap met die hoofstraat af waar die groot en bekende biblioteek ons begroet – uniek aan Efese.  Ons stap op die antieke marmer strate na die ampfiteater met sitplek vir 25 000 toeskouers. Die Arkadiaanse weg met kolomme aan weerskante lei ons na die antieke hawe, waarvandaan Paulus gevaar het.

 

Op die berg “Nightingale”, word  die huis van Maria (Meryemana), besoek waar volgens oorlewering moeder Maria, haar laaste jare deurgebring het. ‘n Goue beeld van Maria is te siene aan die voet van die berg. Die Apostel Johannes, wat die Openbaringbrief geskryf het, het na Maria omgesien en is ook in Efese begrawe. Sy graf is vandag nog daar. Ons reis na die hedendaagse Kusadasi, ‘n hawestad digby Efese. Groot passasiersbote meer gereeld hier vas vir toeriste om Efese te besoek.

 

Aandete en oornag in die hedendagse hawestad, Kusadasi.

 

 

DAG 8     Maandag: KUSADASI –  PATMOS - KUSADASI       

Ontbyt by die hotel.

 

Ons vertrek vroegoggend en  reis per veerboot na een van die mooiste Griekse eilande, naamlik Patmos, waarheen Johannes verban. Ons besoek die klooster op die berg wat gebou is oor die grot waar Johannes waarskynlik gebid en sy visioene ontvang het. Patmos is ‘n tipiese Griekse eiland, met sy wit geboue en blou venster en deur rame.

 

Ons vaar weer vanmiddag per veerboot terug na Kusadasi, waar ons aandete op ons wag. Oornag in Kusadasi

 

 

DAG 9    Dinsdag: KUSADASI – PERGAMUM  - KANAKKALE            

Ontbyt by ons hotel.

 

Ons vertrek na Pergamum (Bergama), nog een van die sewe gemeentes van Openbaring (Openbaring 2:12). Ons besoek die  Akropolis van Pergamum met die marmer kolomme en teater. Die berg word bestyg met kabelkarretjies waar die ou stad gelee is.  Wat ‘n uitsig oor die vallei en die hedendaagse stad daar ver onder met al sy rooi teeldakke! Die wit marmerklippies, oral op die plaveisel in die ou stad tussen die groot wit marmer kolomme, laat ons dink aan die wit klippie in Openbaring, waarop ons name geskrywe staan. Pergamum is een van die mooiste en grootste antieke stede, gebou op eg Grieks – Romeinse styl en laat mens dink aan die Akropolis in Athene.

 

Daarna reis ons al langs die see na nog ‘n hawestad Smirna ( Izmir)  ook een van die sewe gemeentes in Openbaring. Hier is gelowiges opgeroep om getrou te bly tot die dood toe (Openbaring 2:10) Daarna reis ons na die kusdorp Kanakkale en die oorlogsvelde van Gallipoli.

 

Daar sien ons die  Trojaanse hout perd wat in die fliek Troje gebruik is.

 

Aandete en oornag in Kanakkale

 

 

 

 

DAG 10    Woensdag:  KANAKKALE - ISTANBUL

Nog ‘n heerlike onbyt by ons hotel.

 

Ons vaar oor die see per veerboot by Dardanelles na die Europese kant van Turkye. Na ‘n kort besoek aan die oorlogsvelde van Galoppi reis ons terug na Istanbul al langs die Marmara see.

 

İndien tyd ons toelaat besoek ons die Mark – “Grand Basaar” in Istanbul

Aandete en oornag in Istanbul.

 

DAG 11   Donderdag  ISTANBUL – ABU DHABI     

 

Ontbyt by ons hotel.

 

Ons besoek vanoggend die historiese stadsentrum van Istanbul. Daar stap ons na die Hippodroom, gebou deur  die Romeinse leier Septimus Severus in 203 nC. Ons sien ook die Obelisk van Theodosius, wat vanaf Egipte ingevoer is sowel as ’n spiraalvormige kolom van Delfi en ’n Duitse fontein, ’n geskenk van  Keiser Wilhelm II aan die  Ottoman Sultan Abdulhamit II.

 

Ons besoek die bekende Blou Moskee, gebou deur Sultan Ahmet I in 1616, plaaslik genoem Sultanahmet Moskee, bekend vir sy blou Iznik teels en ook bekend vir sy unieke 6 minarets.

 

Nog ’n hoogtepunt op die toer en waarmee ons ons toer afsluit is ’n besoek aan die  Hagia Sofia daar naby. Dit  beteken die kerk van heilige wysheid. Dit dateer uit die 6e eeu gebou deur Justinus tussen 532 - 537 op die plek van 2 vorige kerke met dieselfde naam. Die Ottoman Sultan Mehmet II, het dit na ’n Moskee verander en is tans ’n museum. Die gebou, is uitkenbaar deur sy rooi gepleisterde mure.

 

Ons word vanmiddag oorgeplaas na die lughawe vir ons terugvlug via Abu Dhabi na Suid Afrika om 14:25  

 

DAG 12   Vrydag  JOHANNESBURG                         

Ons arriveer vroegoggend, na ‘n baie geseende en geestelik verrykende toer, in Johannesburg op Vlug EY 96.

 

Toerprys en toerprogram is gebaseer op landreelings en vlugpryse ten tye van die saamstel van die program op 10 Oktober 2013 en is onderhewig aan verandering

 

TOERPRYS: R24 990,00

 

Die toerprys en toerprogram is gebaseer op lugreisgelde en landreëlingskoste beskikbaar ten tye van die samestelling van die reisprogram 10 Oktober 2013 en is onderhewig aan veranderinge.  Aangesien internasionale wisselkoers aansienlik verander, is daar besluit op ‘n wisselkoers van 1 Euro =R12:80

 

Die volgende is by die toerprys ingesluit:

·        Goeie toeristeklas 4* en 5* hotelle

·        Twee etes per dag – soos op die program (ontbyt en aandete).

·        Middagetes ingesluit behalwe die dae wat ons vlieg

·        Alle oorplasings vanaf die lughawe – hotel – lughawe.

·        Alle besienswaardighede soos op die program aangedui.

·        Luukse busvervoer, busbestuurder en ‘n Engelssprekende gids.

·        Ekonomiese klas retoervlugkaartjie ex:  Jhb, Abu Dhabi, Istanbul, Abu Dhabi, Jhb.

·        n Reissak namens 3G Travel.

·        Lughawebelasting en brandstofheffings ingesluit.

·         

Die volgende is nie by die toerprys ingesluit nie:

 

·        Adminfooi R200

·        Voorgeskrewe fooitjies Euro 60 pp vir gidse, busbestuurders, kelners, portiere ens

·        Brandstofheffings kan styg indien brandstof styg

·        Reisversekering (opsioneel beskikbaar op aanvraag) R40 pd tot ouderdom 69

·        Enkelkamertarief:  R4 900,00

·        Visa vir Griekeland  - Schengen visa moet self gedoen word. Ons sal inligting deurstuur

 

Let wel:  Die toerprys is onderhewig aan 28 betalende toerlede wat deurgaans saamreis.

 

As gevolg van die onsekerheid van die SA Rand teenoor ander geldeenhede, is 3G Travel

genoodsaak om kwotasies op ‘n daaglikse wisselkoers te bereken.

 

 

 

VLUGTE DEUR ETIHAD LUGREDERY

 

    DIE PROGRAM EN  PRYSE IS ONDERHEWIG AAN VERANDERING EN HERBEREKENING

 

Die program kan skuif met ‘n dag of drie agv vlugskedules

 

 

KENNISGEWING AAN DEELNEMERS * CONDITIONS TO ALL PARTICIPANTS

 

3G Travel, hulle verwante maatskappye en agente, en die persone, partye of organisasies wat namens of in oorleg met hulle optree, as hulle agent, en alle groepleiers (hierna “die Organiserende Agente” genoem) gee kennis dat:

3G Travel, their associated companies and agents, and all persons, parties or organisations acting on their behalf or in collaboration with them, as their agent, and all group leaders (hereinafter referred to as “the Organising Agents”) give notice that:

1.(a)  MET die uitreiking of die verkryging van enige kaartjie of koepon en die tref van enige reëlings vir vervoer of verblyf, tree die Organiserende Agente slegs as agente op en is hulle nie enigerwys aanspreeklik as prinsipale nie / IN issueing or obtaining any ticket or coupon or for transport or the conveyance or for accommodation as they in their entire discretion may deem advisable.

(b) DIE Organiserende Agente geregtig sal wees om enige reëling te maak vir die uitreiking van enige kaartjie of koepon vir vervoer of verblyf soos hulle goeddink / THE Organising Agents shall be entitled to make any arrangement for the issue of any ticket or coupon or for transport or the conveyance or for accommodation as they at their entire discretion may deem advisable.

(c) DIE Organiserende Agente nie in enige omstandighede hoegenaamd aanspreeklik is nie, hetsy in kontrak of versuim, vir enige skade, besering (insluitende dood), verlies, vertraging of ongerief van enige aard hoegenaamd wat enige passasier aangedoen word terwyl op enige toer of reis of terwyl ’n tydelike inwoner in enige vreemde land as gevolg van enige reëling wat deur die Organiserende Agente getref word of van enige beweerde versuim deur die Organiserende Agente om bevredigende of enige reëlings te tref, en hetsy veroorsaak deur die optrede of versuim van enige van die dienaars, agente of subkontrakteurs van die Organiserende Agente. / THE Organising Agents shall not be liable in any circumstance whatsoever and whether in contract of deficit for any damage, injury (including death), loss, delay or inconvenience of any sort whatsoever that shall be caused to any passenger, whilst on tour or journey or whilst a  temporary resident in any foreign country as a result of any arrangement made by the Organising Agents or for any alleged failure by the Organising Agents to make satisfactory or any arrangements, and whether caused through the act or default of any of the servants, agents or sub-contractors of the Organising Agents.

2. ELKE PASSASIER stem in dat hy/sy erfgename, eksekuteurs en/of regsverkrygendes die Organiserende Agente, hulle dienaars en agente skadeloos stel van en teen alle eise vir skadevergoeding voortspruitend uit enige oorsaak hoegenaamd teen enige persoon wat ’n eis mag instel teen die Organiserende Agente of enige van hulle, hetsy vir verlies of skade aan eiendom in die bewaring van die passasier, hetsy sodanige eis gebaseer is of beweer word gebaseer te wees op die versuim van die Organiserende Agente al dan nie. / EACH passenger agrees that his/her executors, administrators and/or assigns shall indemnify the Organising Agents, its servants and agents from and against claims for damage from any cause whatsoever to any person who may make a claim against the Organising Agents or any of them, whether for loss or damage to property in the custody of a passenger, whether or not such a claim is based on the negligence of the Organising Agents, its servants or any sub-contractors of the Organising Agents.

3. ALLE  reëlings is onderworpe aan die wette van die land waar die vervoer of verblyf of ander diens voorsien word. / ALL arrangements are subject to the country where the conveyance or hotel or other service is provided.

4. ALLE pryse is vanaf die vertrekpunt, aangedui in die toerprogram en gebaseer op pryse en wisselkoerse heersende ten tyde van opstelling van die dokument waarin die notering gedoen word, en is onderworpe aan verandering sonder kennisgewing.  Alle genoteerde pryse is per persoon wat akkommodasie deel. / All prices are ex-departure point indicated in the tour programme and based on prices and rates of exchange ruling at the time of preparation of the document in which the quotation is made and are subject to increase without notice.  All prices quoted are per person sharing. 

5. KOERIERS of verteenwoordigers het geen magtiging of verlof om enige gelde wat betaal is terug te betaal of enige regte te gee om ’n terugbetaling van die Organiserende Agente te eis nie. / COURIERS of representatives have no authority of permission to refund any monies paid or give any right to claim a refund from the Organising Agents.

6. DIE Organiserende Agente kan hulleself nie verantwoordelik hou vir die verkryging van terugbetalings op verlore of ongebruikte kaartjies, koepons of bewyse nie, alhoewel alle pogings aangewend sal word om vereffening te eis namens passasiers. / THE Organising Agents cannot hold themselves responsible for the obtaining of refunds on lost or unused tickets, coupons or vouchers, although every effort will be made to claim settlement on behalf of the passengers.

7. KANSELLASIES.  ’n Kansellasiefooi van R5000-00 per persoon sal gehef word indien ’n bespreking gekanselleer word.  Die Organiserende Agente behou ook die reg voor om die volle of ’n gedeelte van die toerprys te behou wat betaal is deur ’n persoon wat die bespreking kanselleer.  Skriftelike kennis in die verband moet gegee word. / CANCELLATION. A cancellation fee of R5000-00 per person will be levied in the event of a reservation being cancelled.  The Organising Agents also reserve the right to retain the whole or part of the tour price in the event of a cancellation.  Written notice must be given.

8. AANDAG word gevestig op die talle veranderings in amptelike roosters en passasiers word versoek om self enige vertrektye op enige program of reisplan te bevestig. / ATTENTION is drawn to the frequency of changes in official timetables and passengers are urged to verify any times of departure shown in any programme or itinerary themselves.

9. DIE betrokke lugredery kan nie verantwoordelik gehou word vir enige daad, versuim of gebeure gedurende die tyd dat passasiers nie aan boord van hulle vliegtuig is nie.  Die passasierskaartjies wat deur die lugredery gebruik word, vorm wanneer uitgereik die enigste kontrak tussen die lugredery en die koper van hierdie kaartjie en/of passasier. / The airline concerned is not to be held responsible for any act, omission or event during the time passengers are not in their aircraft.  The passenger tickets in use by the airline when issued shall constitute the sole contract between the airline and the purchaser  fo these tickets and/or passenger.

10. PASSASIERS word daaraan herinner dat bagasie of persoonlike eiendom wat op die toer geneem word op eienaarsrisiko is en  passasiers word aangeraai om dit self te verseker. Deposito- en kansellasieversekering, persoonlike ongeval- en siekteversekering word NIE outomaties ingesluit nie. / PASSENGERS are reminded that luggage or personal property taken on tour is at owner’s risk and passengers themselves are advised to insure it.  Deposit and cancellation insurance, personal accident and sickness insurance are NOT automatically included.

11. DIE Organiserende Agente behou hulle die reg voor om die toer te kanselleer of te laat vaar, in sodanige geval sal alle gelde wat betaal is terug betaal word, minus enige uitgawes of enige ander verpligting wat namens die passasiers aangegaan is, en in sodanige geval word geen verdere aanspreeklikheid hoegenaamd deur die Organiserende Agente aanvaar nie.  Die reg word verder voorbehou om die toer te wysig op enige wyse wat hulle as wenslik beskou.  In sodanige gevalle sal daar nie met die beplande toer voortgegaan word tensy ’n minimum getal passasiers (na goeddunke van die Organiserende Agente) deelneem nie. / THE Organising Agents reserve the right to cancel or abandon the tour.  In such event, any monies paid will be refunded, less any expenses, disbursements or other commitments incurred on behalf of the passengers, and in such event no further liabilities whatsoever will be accepted by the Organising Agents.  The right is further reserved to modify the tour in any way that they deem advisable.  In this event, the planned tour will not be proceeded with unless a minimum number of passengers (at the discretion of the Organising Agents) participate.

12. TOERE word beplan op die basis van twee-bedkamers en waar, om redes buite hulle beheer, die Organiserende Agente enige deelnemer nie op hierdie basis kan huisves nie, sal die passasier verplig wees om die bykomende bedrag vir ’n enkelkamer te betaal, tensy hy/sy met twee ander passasiers van dieselfde geslag kan ruil om ’n drie-bedkamer met hulle te deel.  In geval ’n drie-bedkamer gebruik word, sal die tarief vir twee-bedakkommodasie van toepassing wees. / TOURS are planned on the twin bedded rooms and where for reasons beyond their control, the Organising Agents cannot accommodate any participant on this basis, the passenger will be obliged to pay the supplement for a single room unless he/she can arrange with two other passengers of the same sex to share with them a three-bedded room.  In the event of a three-bedded room being used, the tariff for twin-bedded accommodation will apply.

13. DIE Organiserende Agente behou die reg voor om die volgorde van besigtigingstoere na hulle goeddunke te wysig. / THE Organising Agents reserve the right to change the sequence of sightseeing events.

14. DEELNEMING beteken dat die deelnemer die “Kennisgewing aan Deelnemers” gelees het en aanvaar, en dat sy/haar deelname aan daardie voorwaardes onderhewig is. / PARTICIPATION shall confirm that the participant has read and accepted the “Notice to all Participants” and confirm that his/her participation shall be subject to all such terms and conditions.

 

BESPREKINGS / RESERVATIONS (0834078872)  3G Travel